TrueSound Entertainment
Brenda Ann du Preez is gebore op 20 Desember in Oos-Londen.Sy
ontvang haar skoolopleiding aan GRENS.Op sesjarige ouderdom het
Maritza reeds opslae gemaak onder vriende en familie met haar
besondere sangtalent!
Sound hire, Live artists, events, functions Artists, functions, events,
sound
Op 7-jarige ouderdom dirigeer sy die skoolorkes en moes sy op ‘n
stoel staan sodat almal haar kon sien ...Op 8 vertolk sy die hoofrol
"Sprokie" in ‘n skooloperette.Op 9 het sy begin optree! Maritza vertel
dat sy met haar eerste optrede THE FRENCH SONG gesing het. Sy het
Coke gedrink en halfpad begin hik ... en die woorde vergeet! Sy het
haar hande opgelig, die orkes stilgemaak en haar ma uit die gehoor
geroep om die woorde van die vergete versie te vra. Haar ma is
blosend terug sitplek toe. Die jonge Maritza het omgedraai, by die
orkes ingeval en die liedjie voltooi ...Sy wen haar eerste
talentwedstryd op 10-jarige ouderdom met ‘n vertolking van
Groep Twee se DAAR’S NIKS SOOS WARE LIEFDE. Groep Twee was in
die gehoor by die wedstryd en was so beïndruk met Maritza dat hulle
haar na hul eie platemaatskappy verwys het. Die het egter gevoel dat
sy nog te jonk was om opnames te maak. ...Op die ouderdom van 12
stig sy haar eie orkes en wen haar eerste Senior Talentwedstryd met
‘n vertolking van Dolly Parton se I WILL ALWAYS LOVE YOU.
Sound hire, Live artists, events, functions Artists, functions, events, sound
Maritza neem sanglesse by Esme Wright vir ses jaar vanaf haar negende jaar. Op 13-jarige ouderdom werk sy saam met Trevor Rabin, Ronnie Robot en Glynn Storm vir ses weke in Oos Londen (Trevor en Ronnie was later lede van die popgroep Rabbit). Sy doen waardevolle ondervinding op in die tyd.Sy tree op in teaters saam met Groep Twee, Min Shaw, Gert Potgieter, Gé Korsten, Mynie en Jan, John Edmond, Tommy Oliver, Lance James en vele ander sterre.In 1976 neem sy haar eerste kortspeler getiteld VERLANGE op.Publieke reaksie op VERLANGE was baie positief en die lied bereik die no. 1 posisie op die program Afrikaanse Treffers.Maritza moes haar deelname aan ‘n provinsiale netbaltoernooi met een dag kortknip toe die platebase haar dringend soek om haar eerste langspeler getiteld MARITZA op te neem. Die liedjie DIE LIEFDE is afkomstig van die langspeler en behaal die no. 1 posisie op Afrikaanse treffers!Addisionele. Treffers vir Maritza was o.a. IN DIE MÔRE, SING ‘N LIEDJIE MET MY.Sy ontvang in 1976 die SPRINGBOK (MINI SARIE) toekenning as Suid-Afrika se BELOWENDSTE SANGERES.Maritza studeer aan die Universiteit van Pretoria en in hierdie fase begin sy met haar grenstoere. Sy het eers op basisse naby Pretoria gesing. Daarna het die vertonings uitgebrei na ander basisse deur die land. Met haar eerste vertoning op Waterkloof basis het sy gesien een man wat voor sit klap nie hande nie en hy lyk soos ‘n "krismisboom"... Sy stop die orkes en vra vir "krismisvader" of hy nie maar saam wil klap nie!! Na die vertoning moes sy leer wat daai sterretjies en kastele beteken op die lapelle van die manne ... “Krismisvader” was toe al die tyd ‘n Ingelse Lugmag Generaal ... Hierna is sy deur Genl. Magnus Malan se offisiere genader om ‘n GRENSTOER te doen. Die grenstoer het verander na 70 weke op die grens ...Maritza neem haar tweede langspeler, KOEMADOE, in 1980 op.Die titellied word haar grootste treffer ooit!Maritza word die eerste Afrikaanse sangeres wat vir ‘n Artes benoem word, vir haar langspeler KOEMADOE.
Sound hire, Live artists, events, functions Artists, functions, events, sound
Click "Page2" to continue reading
Maritza ................. Country Sweetheart
Page 2
Sound Hire and Live Artists: Bookings at TrueSound Entertainment 072 807-7515
Live Artists, Entertainment, Events, Functions, Corporate, Anniversaries, Birthday Parties, Weddings, Engagements